2006/07/28
Dis die warmste Julie in mense heugenis hier in die Nederlande.
Nou die dag sit ek en Andrew in die tuin en rus na 'n groot inspanning. Ons was hard aan die werk en het lafenis gesoek en ons handewerk beskou. Daar is min dinge so lekker soos 'n koue bier na 'n enorme swoeg en sweet sessie. As daar nog 'n tuinslang sproeier sy fonteintjie heen en weer beweeg dan is die saligheid kompleet.
Duskant ons het die hele dag al 'n klein kraai-wyfie rondgespring en wurms gejaag wat uit ons gegrawery te voorskyn gekom het. Sy was erg mak, en het nie weg gevlieg as on nader gekom het nie. En haar bek was so snaaks wyd oop. Wonder ons maar of sy siek was, en toe tref dit my: "Dis so warm dat die kraaie gaap!". Maar of course. Dis waar die uitdrukking vandaan kom, en hier het ons die bewys in lewende lywe.
Ek like taal. :-)
En vir mense wat meer wil weet, is 'n goeie sleutelwoord om in Google te gaan soek: gular flutter
