2005/07/21
Daar is elke nou en dan 'n advertensie op televisie vir een of ander huishoudelike produk, met 'n Suid-Afrikaanse flavour. Mens sou amper dink SA is 'in' op een of ander manier. Jammer ek het nog nie een of ander spin-off effek beleef soos hordes pragtige girls wat agter my aanhardloop net omdat ek kan Afferkaans gooi nie.
Meestal was dit kos, soos Knor se bobotie-mix-in-'n-pakkie. Gisteraand was dit egter een vir - wait for it - waspoeier. Daar is 'n vreemde girl met 'n kopdoek wat verskyn, en die onderskrif se sy is 'n au pair uit Kaapstad. Wat my verstand te boven gaan is dat die aksente so ongelooflik ongeloofwaardig is. Die stem klink soos 'n Nederlander wat met 'n fake Afrikaanse aksent praat. Hoekom? Hoeveel moeite sou dit gewees het om 'n REGTE Afrikaanssprekene persoon te vind. WTF?
