2005/05/26
Ek hou baie van Pierneef se werk. 'n Mens kan byna nie in Suid-Afrika grootgeword het sonder om sy goed te ken nie. Of ten minste daarvan te weet nie. Toe ek laas gaan kuier het, het ek ook tevergeefs probeer om 'n museum of galery te vind wat van sy werk tentoongestel het. Ek sou ook bitter graag mooi groot prints van sy werk wou bestel erens.
Toe ek vanoggend weer google na artikels oor Pierneef, toe is daar 'n afskuwelike nuusberig oof diewe/vandalen wat 'n werk van hom wat in die SABC Auckland Park se gebou gehang het stukkend gesny en gesteel het. Hulle het 'n groot gedeelte van die werk bloot uitgesny, dit beteken die werk is grotendeels verniel. Dit voel soos heiligskennis. Skandalig, en hartseer. Sulke etters.
