2005/05/03
Ek sien vanoggend hierdie item op die Boernaal. Kan net daarmee saamstem. Dis hoekom ek byvoorbeeld nie omgee om te luister na mense wat self musiek maak nie. Dis miskien nie van dieselfde hoe standaard as iets wat uit een of ander worsfabriek-studio uitkom nie, maar dis baie lekkerder om na te luister vir my. En as die foute gemaak word kan mense dit herken en self krities wees. Hoe moet mens dan anders self leer?
