2005/03/04
Dis weer een van daai dae vir my, ek kry amper niks produktiefs gedoen nie. Kan net nie aan die gang kom nie, en sit allerhande stront en lees behalwe wat ek moet vir werk. En dan stuur mense vir my mail met snaakse video fragmente. Soos die Klipdrift advertensie waar die hulpvaardige Afrikaase kerel so die mense uit Gauteng sleep met sy bakkie. En dan kom hulle by die plaas aan en dis net gasvryheid en Klipdrift en alles is net wonderlik. Suiwer magic. Net jammer dit is so 'n fantasie, want op baie plekke waar ek nog met Afrikaanssprekende mense in aanraking kom is baie van hulle nog so diskrimenerend, onvriendelik en oor die algemeen skyt-bang en die bliksem in vir die hele wereld. Oh wel, ons kan duimvashou dat die nuwe generasie beter sal wees.
En toe moes ek net gaan Google vir polisiekoffie. Gewonder hoeveel ander mense iets daaromtrent te vertel het. Ek het darem in my dae ook al baie daarvan gedrink. After all, ek het op die Oos-Rand groot geword, en my broer was 'n konstabel...
