2005/02/09
Ek sit vanaand hier op die bank en bietjie doelloos goeters lees. Grotendeels omdat ek vandag tevrede hard gewerk het, maar nog nie lus is om te gaan slaap nie. My vrou sit 'n entjie van my af en werk, ek hang op die bank rond met my wit skootrekenaar waar hy hoort.
Aanvanklik was dit 'n gegoogle na sulke verhewe sleutelwoorde soos 'masturbeer stories'. My fascination met die vraag of daar 'n lewendige Afrikaanse pornografie insdustrie erens op die Net te bespeur is bly nog steeds. En OK, ek moet erken, ek was net so effentjies jags en op soek na vreeslik vieslik vreeslose leesplesier.
En toe eindig ek op om in plaas daarvan interessante interviews met Andre P Brink te lees, en andere nice goeters op sites soos hierdie. Nou ja, 'Boekwurm' dis seker gepas.
As iemand deur die wondere van Google tog op hierdie item afkom, en daaroor 'n eiertjie te le het, skryf vir my asseblief. Dis vir my lekker om ongevraagde mail van vreemdelinge met iets te se te kry.
