2005/01/04
Elke nou en dan gaan loer ek weer na die Mail & Gaurdian of die Beeld, en lees 'n paar artikels. Dis seker 'n soort verdwaalde heimwee, maar dis nie moer sterk nie. Ek bly vreeslik lekker waar ek nou bly, maar dit sou lekker wees om so nou en dan te kan kakpraat met ander mense sonder om jou tong te moet knoop of soek na die regte woord.
Maar as ek die Beeld so lees, dan vra ek my af waar _my_ soort mense te vinden is. Behalwe vir die feit dat dit my moedertaal is, voel ek nie enige connection met die mense wat uit die artikels tevoorskyn kom nie. Dis so 'n tipiese godsdiens-sport dweep dweep mengsel wat vir my die stuipe gee. En oor alles 'n vlaag kommersiele waansin, wat vir my dieselfde vibe as die Amerikaanse cultuur gee. Vreemd verby.
So waar sou ek ooit my tipe mense kry? Plek-plek oor die wereld verspry, maar hulle gaan seker nie diselfde taal as ek praat nie. Jammer.
