2005/01/03
Dis die begin van nog 'n nuwe jaar. Eintlik is dit al die derde dag van hierdie nuwe jaar, maar ek was lekker rustig besig om met goeie vriende en familie die eerste twee dae te spandeer.
"Enige blink planne, meneer Posthumus?" Ja, eintlik wel, gaaf dat u daaroor uitvra. Ek het twee teenstrydige voornemens. Om meer doelgerig te werk, en meer op my motorfiets te ry. Kom ons kyk of die twee versoenbaar is.
En hoekom is hierdie item in Afrikaans? Sommer.
